Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Na wat vir die soveelste keer vanjaar na 'n erge hittegolf gevoel het (en waarskynlik was) het Rustenburg uiteindelik die afgelope week 'n bietjie welkome verligting teen buitengewone hittetoestande ontvang. 
Veral Maandagaand het 'n uitstekende bui kort na die laatmiddag-spitstydverkeer uitgesak en in sommige plekke soos Geelhoutpark Kremetartlaanspruitjie is waar reën ervaar.

Sommige inwoners het laat weet dat hulle selfs soveel as 48 mm nog voor sononder gemeet het. Dit wil egter voorkom of nie die hele Rustenburg só gelukkig was nie - aan die oostekant van die dorp het aansienlik minder, maar nogtans welkome buie uitgesak. 
In teenstelling met vroeërjare toe Februarie tradisioneel as 'n uitstekende maand vir goeie reën gesien is, het die tweede maand van vanjaar en verlede jaar nie veel noemenswaardige neerslae opgelewer nie. 
Volgens die statistiek van Charlie Graham van Geelhout Gardens Kwekery is daar in Februarie 2024 'n skrale 47.6 vir die hele maand gemeet en net toe dit wou voorkom asof ons vanjaar vir die tweede jaar agtereenvolgens in daardie teleurstellende rigting wou mik, het Maandagaand se welkome reëntjie darem vir 'n verandering in ons weerprentjie gesorg. Met Februarie 2025 as't ware nog in sy tienerskoene met meer as die helfte van die maand wat nog voorlê, kon Charlie Graham Dinsdagoggend 'n syfer van 78.4 mm vir tot dusver in Februarie 2025 in sy boeke aanteken. 
Mense wat graag 'n bietjie moed ingepraat wil word ten opsigte van ons reënpatrone, kan daaraan herinner word dat Februarie en Maart oor dekades heen as twee uitstekende maande vir reën bewys is en gelukkig lê 'n hele Maart darem nog vir ons voor. Die goeie nuus van die derde maand is dat temperature tradisioneel so 'n bietjie begin daal en dat mense in hierdie tyd van die jaar darem al snags laataand kan opstaan om die waaiers of lugversorgers af te skakel ten einde 'n paar rand se krag te bespaar. Hou maar die sambrele byderhand vir die volgende paar dae, het Charlie Rustenburgers aangeraai.