Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Rustenburgers word gemaan om weer uiters versigtig te wees vir die jongste bedrogspul wat die afgelope week of wat weer per epos die ronde doen. 
Skrywes word aan rekeninghouers gestuur - meestal van 'n adres wat vir hulle bekend is - met die kennisgewing dat hul rekening agterstallig is en asb so gou moontliheid vereffen moet word maar - groot asseblief - na 'n alternatiewe epos-adres en rekening omdat sogenaamde ouditeuring van bestaande stelsels tans gedoen word. 

Let asseblief daarop dat hierdie eposse en boodskappe blyk om niks anders as 'n bedrogspul te wees nie en dat epos-adresbesonderhde van erkende gebruikers gekaap word waarna skelms hulle as bekendes voordoen en geld eis. 
Epos-gebruikers en rekeninghouers word gemaan om in alle gevalle eers doodseker te maak (telefonies) met wie daar gepraat is/word alvorens enige bedrae geld in sogenaamde agterstallige gedra na "bekende" rekeninge oorgeplaas of gestuur word. 
Dit het in die afgelope paar weke telkens gebeur dat verbruikers op hierdie manier om die bos gelei is. In feitlik al die gevalle word daar in die mooiste en formele Afrikaans boodskappe ge-stuur wat ontvangers heeltemal onverhoeds betrap en hoegenaamd nie e-nige agterdog veroorsaak nie, met die gevolg dat verbruikers makliker geneig is om die agterstallige betaling dadelik af te handel.