Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - POTSANENG - Die polisie in Rustenburg het ‘n uitgebreide soektog geloods ná die moord op ‘n 54-jarige raadslid van die Rustenburgse Munisipaliteit.
Die ANC-raadslid, Poppy Morapedi, is verlede Vrydagaand voor haar huis in die Photsaneng-nedersetting net buite Rustenburg doodgeskiet nadat sy en ‘n familielid ‘n paar stuks kruideniers by ‘n winkel naby die huis gekoop het en onderweg huis toe was.

Die twee was besig om die hek na hul woonplek oop te maak toe een van vier onbekende mans wat hulle skynbaar op ‘n afstand agtervolg het, skielik nadergestap en twee skote op haar afgevuur het. 
Morapedi is in die nek en kop getref en is op die toneel oorlede. Die familielid het benoud geskree waarop die oorledene se broer uit die huis gekom het net om te sien hoe die aanvallers in ‘n BMW-voertuig op die vlug slaan. Nooddienste en paramedici wat op die toneel opgedaag het, het Morapedi op die toneel dood verklaar. Nog niemand is met ons ter perse gaan vandeesweek in verband met die voorval aangekeer nie. 
Die ANC se streeksvoorsitter en uitvoerende burgemeester van Rustenburg, rdl Sheila Mbale-Huma, asook die streek se woordvoerder en waarnemende burgemeester van die Bojanala Platinum Distriksmunisipaliteit, het die oorledene se familie Sondag besoek om hul simpatie en meegevoel te betuig.