Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie in Noordwes, lt-gen Sello Kwena, het die arrestasie van twee verdagtes verwelkom wat in verband met die moord op ‘n polisiekonstablel van Rustenburg aangekeer is. 
Kontabel Mogoro Clement Makola (31) is verlede Maandagaand (15 April) in die Lekgalong-nedersetting naby Marikana net buite Rustenburg doodgeskiet.Die verdagtes, onderskeidelik 40 en 41 jaar oud, is verlede Vrydag, (26 April) in Ramochana buite Rustenburg in ‘n gesamentlike polisie-operasie deur ‘n Brits trio taakspan, en Marikana Sigbare Polisiëring aangekeer.

Die operasie het gevolg nadat die Brits plaaslike kriminele rekordsentrum die ondersoekbeampte gehelp het met krities-belangrike inligting wat in verband met die moord ondersoek is. Een van die verdagtes is onder meer met behulp van vingerafdrukke geïdentifiseer. Die eerste verdagte is by ‘n taverne gearresteer en het met sy arrestasie sy makker aan die polisie uitgewys. Die tweede verdagte is later by dieselfde taverne in hegtenis geneem. Tydens verdere ondersoek het die eerste verdagte die ondersoekbeampte na ‘n huis geneem waar ‘n 9 mm-pistool waarvan die reeksnommer verwyder is, gevind is. ‘n Magasyn en vier rondes ammunisie is ook in die huis gevind. Altwee verdagtes is volgens ‘n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisie Mosambiekse burgers en het reeds Maandagoggend vandeesweek op aanklag van moord in die Rustenburgse Landdroshof verskyn. Die saak word intussen deur die Direktoraat vir Prioriteitsmisdade ondersoek. Lt-gen Sello Kwena het die lede van die taakspan wat by die ondersoek en arrestasie betrokke was van harte gelukgewens en bedank vir hul pogings om die moordenaars aan te keer. Wyle konstabel Makola wat met sy aankoms by die Kanana-kliniek dood verklaar is nadat hy verskeie kere geskiet is, is intussen in Jane Furse in die Limpopo-provinsie te ruste gelê.