Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - SWARTRUGGENS - Op Donderdag 25 Julie het Hoërskool Grenswag, die klein dorpie van Swartruggens besoek vir ‘n vriendskaplike krieketwedstryd teen Swartruggens Gekombineerde Skool.
Dit was ‘n suksesvolle dag vir Ruggies! Vian de Beer het geskitter met die kolf en ‘n totaal van 77 lopies aangeteken. In vennootskap met Johan Jv Vuuren, het hulle 106 lopies aangeteken. Swartruggens teken ‘n totaal van 199 lopies aan om die wedstryd met 87 lopies te beklink.

Werner Bosman het uitgeblink met die bal en elimineer twee paaltjies vir 17 lopies in slegs drie boulbeurte. Owam Makwena eis ook twee paaltjies vir 20 lopies in drie boulbeurte. Die wedstryd is egter nie net op die veld gewen nie. Grenswag is ‘n gereelde opponent en die sportmanskap tussen hierdie twee skole is tasbaar op die veld en pragtig om te sien.
Ruggies sê baie geluk aan mnr Jacques Jacobs en sy span vir die dag se oorwinning. Baie dankie aan mnr Luan Opperman van Grenswag vir hulle besoek en insette, die skeidsregter, juffrou Lizette Jessen en die tellinghouers, juffrou Zenè Jacobs en Jolene Smith.