Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - FLORENCE - Die Suid-Afrikaanse en voormalige Rustenburgse fietsryer, Louis Meintjes - tree eerskomende Saterdag, 29 Junie, vir die sewende keer aan by die wegspringstreep van die 2024 Tour de France wat vanjaar in die skilderagtige Italiaanse dorpie Florence begin. 
Die Tour de France duur vanjaar van 29 Junie tot 21 Julie wanneer die laaste skof in nogal hoë uitsondering in Nice, Frankryk sal eindig en nie in die Franse hoofstad se Champs-Eleysée soos die afgelope 110 jaar nie. 

Benewens Louis se deelname vanjaar waaroor daar altyd groot opgewondenheid heers, word verwag dat die kwaai tweestryd tussen Tadej Pogacar en Jonas Vingegaard vanjaar 'n nuwe dimensie aan die TDF sal bring. 
Anders ryers wat vanjaar weer deelneem en ongetwyfeld hulle stemme sal dik maak, is Remco Evenpoel, Primoz Roglic, Mark Cavendish en Jasper Philipsen wat almal die afgelope tyd in uitstekende vorm was. Vanjaar se toer strek oor 'n totale afstand van 3497.3 kilometer en ryers sal voorbereid moet wees op totale klimwerk van sowat 52 320 meter in algehele bergpremies. 
Na die wegspring eerskomende Saterdag, is daar slegs twee rusdae - die tradisionele tweede en derde Maandae van die toer, naamlik 8 en 15 Julie. Tadej Pogacar wat ongetwyfeld een van twee grootste gunstelinge is om vanjaar op die wennerspodium te staan, staan vanjaar boonop 'n goeie kans om die "onmoontlike" in fietsry te vermag - naamlik om beide die Giro de Italia en die Tour de France in een jaar te wen. Dié prestasie is 25 jaar gelede laas deur die Italiaanse fietsryer, Marco Pantani reggekry. Pantani is een van slegs sewe fietsryers wat hierdie prestasie kon behaal.