Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Vier netbalspanne uit drie plaaslike laerskole het Noordwes op 12 en 13 Julie tydens die SA-skolenetbaltoernooi by Hoërskool Randburg verteenwoordig. 
Die top 35 spanne in Suid-Afrika het daar per ouderdom kragte gemeet. Al vier Rustenburgspanne het in die Top 20 geëindig.

Laerskool Vastrap se eerste-netbalspan, met afrigter Lynn Pieterse, het algeheel ‘n skitterende vierde plek in die land losgespeel. Laerskool Rustenburg se o/13-dogters het ‘n 12de plek oopgeveg, terwyl Laerskool Proteapark en Laerskool Rustenburg se o/12-spelers onderskeidelik ‘n 15de en 18de plek verwerf het. Rustenburg se netbaltalent en afrigters is tops. Baie geluk aan al die spelers en afrigters.