Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die visvangmanne het vanjaar vanaf 13 - 17 Mei in Sodwana aan "The Reef Boys" Visvangkompetisie deelgeneem en ongeveer 100 mense was deel van die kompetisie waartydens fondse ten bate van "Lighthouse Child & Youth Care Centre" ingesamel is. 
Geld is ingesamel deur hare te sny en op die laaste aand tydens die prysuitdeling het die mense se harte oopgegaan en 'n wonderlike bedrag van R111 650 is ingesamel.

Die Reef Boys se komitee, wat bestaan uit Leon Byleveldt, Johan Krugel, Deon Lötter, Jan-Hendrik Snyman, Paul Avenant, Myburg Roberts, Donald Beetzke, en Jaco le Roux, wil almal wat betrokke was tydens die kompetisie uit hul harte bedank vir die bydraes om van hierdie geleentheid so 'n reuse sukses te kon maak en dat soveel fondse vir die Lighthouse in Rustenburg ingesamel is. Baie dankie aan al die vissermanne, borge en mense wat so goedhartig donasies gegee het. Alles het gegaan vir ‘n goeie doel. "Lighthouse Child & Youth Care Centre" het tans 66 kinders waarna hulle omsien en benodig dringend 'n "exit house" vir die kinders wat 18 jaar oud word. Die geld sal gebruik word om hierdie dringende behoefte aan te spreek, maar ongelukkig het hulle nog R450 000 nodig om dit moontlik te maak. "Lighthouse" is ongelooflik dankbaar vir hierdie fondse wat na hul kant toe gekom het.