Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - SPRINGS - Sibanye-Stillwater se eerste rugbyspan het die afgelope naweek in hul eerste kragmeting van die nuwe seisoen ‘n naelskraapse oorwinning van 20 - 17 teen Springs Rugbyklub behaal. 
Sbu Gwenzane, voorheen van die Grizzlies wat deesdae vir Sibanye uitdraf, is as speler van die wedstryd aangewys nadat hy ‘n reuse wedstryd gespeel het en een van sy span se twee drieë gedruk het. 

Peter Camagu was die ander uitblinker en het vir die span se tweede drie gesorg. Jaco Pretorius het ook sy kant gebring deur albei drieë te verdoel. Sakkie Smit en Hardus Pretorius het albei met ‘n strafdoel geslaag en Sibanye was trots om met ‘n oorwinning van die veld te stap. 
In ‘n wedstryd tussen Sibanye-Stillwater se O/20s teen Springs se O/21s was Sibanye-Stillwater weer eens aan die wenkant en ironies genoeg met presies dieselfde telling as die eerstespan, naamlik 20 - 17. Sibanye-Stillwater se tweedespan het egter nie ‘n wonderlike dag op die veld gehad nie en kry ‘n goeie pak slae met 38 - 12. 
Sibanye-Stillwater maak tans gereed vir die eerste ronde in die Castle Superliga wat eerskomende naweek op Louis Trichardt plaasvind - die wedstryd sal om 12:00 afskop. Op Saterdag, 22 Februarie, sal Sibanye-Stillwater in ‘n tuiswedstryd in aksie gesien kan word wanneer die klub Brakpan in Rustenburg aandurf. Hou gerus komende week se uitgawe van Rustenburg Herald dop. 
Plaaslike rugby-geesdriftiges word aangemoedig om die tuisspan te kom ondersteun.