Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Hoërskool Rustenburg het op Vrydag, 14 Februarie vir die tweede agtereenvolgende jaar die gesogte Noordwes Interhoër Atletiekbyeenkoms in Potchefstroom gewen. Die Rusties het van die staanspoor af gewys dat die ander skole moet regstaan vir ‘n groot aanslag en dat hul alles in die stryd sal gee om die dag te wen.

RHS se atlete het geskitter en verskeie trofeë is huis toe gebring, onder andere die Junior Victor Ludorum Veld asook die Beste Veldatleet deur Nathan van Standen, die Senior Victor Ludorum Baan deur JP Blignaut, die trofee vir die beste seunsspan en dan natuurlik ook die Algehele Wennertrofee. 
Elke Rustie-atleet het hy of haar beste op die baan/veld gegee. Elke atleet wat die groen en oranje met soveel trots gedra het, word gesalueer. 
RHS se atlete verbeter die volgende rekords op die dag: Jaydeen Manders - D15 in die 100m met ‘n tyd van 12.41, Jaydeen Manders - D15 in die 200m met ‘n tyd van 25.43, Xander Schwim - S14 in die 400m met 'n tyd van 54.47, JP Blignaut - S16 in die 400m met 'n tyd van 48.80, Dian Huisamen - S16 in die diskus met ‘n afstand van 13.56m en Nathan van Staden - S15 in die skyfwerp met ‘n afstand van 67m, Jan-Paul Nel S19 in die skyfwerp met ‘n afstand van 48.86m en Aflos S14 met ‘n tyd van 47.37.