Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BONUS - RUSTENBURG - Lesersklub: "Die lang wintervakansie is hier en ek is oortuig baie ouers is al klaar met hul hande in hul hare oor hoe om die jongklomp besig te hou. Mens wil darem ook nou nie die kinders die hele dag aan die genade van televisie of selfone oorlaat nie, en soms maak die koue dit regtig onmoontlik om hulle buite te laat speel.

Daarom is dit goed om jouself te bewapen met genoeg vir die kinders om te lees en te doen binneshuis. Penguin Random House SA en Lapa Uitgewers het pas ‘n klompie boeke vrygestel wat jou kinders se vakansie kan help opkikker.
Die beste raaiselboek 2 (Heidri Mittendorf. Illustasies deur Nicole Hein):
Die boek bevat heerlike blokkiesraaisels, woordsoeke, prentjiesomme en talle ander raaisels. Woordoku is ‘n interessante konsep waar letters (wat ‘n woord maak) in plaas van die gewone nege syfers gebruik word. Dis so bietjie moeiliker as wat mens sou dink, hoor! Rebus-raaisels is opvoedkundig en werk met saamgestelde woorde, terwyl raaikettings met sinonieme werk. Daar is ook prentjiesommer en Soek en Pas. Boonop is die illustrasies ook geskik vir inkleur en is die antwoorde op al die raaisels agter in die boek. Hierdie aktiwiteitsboek sal kinders konstruktief en prettig besig hou, maar ook bietjie Afrikaanshersiening so onder die dekmantel van speel doen.
Raven and Rover (Dino J Martins):
'Get ready for a wild ride of friendship, loyalty, and fun. Raven and Rover’s story is all about making friends, and working together as a team. Join in the amazing adventures of a wild dog pup – Rover – and Raven, a smart crow who is the guardian of the rocks and the keeper of secrets. The enchanting story is written by Dr Dino J Martins, a renowned Kenyan naturalist and artist, as well as biologist celebrated for his contributions to science and conservation'.
Samboksalf en ‘n Draaktraan (AM Holder):
Is jy opgewasse vir drake – in die Karoo? Dit is wat die jong Lizelle moet besluit toe sy midde-in ‘n avontuur waarvoor sy nie gesoek het nie, beland. Wat voer die koster met sy kerkklokke en die misterieuse bibliotekaresse in die mou? Lizelle begin snuffel, maar sy is glad nie voorbereid op wat sy uitvind nie!
Superhelde van die Savanna (Marleen Lammers, Illustrasie deur Anja Stoeckigt):
Wanneer ‘n bakoorjakkals ‘n vreeslose, veglustige ratel teëkom, besluit hy dis baie veiliger om aan die sy van dié taai kalant te bly. Nadat die ratel korte mette met ‘n valk en ‘n groenmamba gemaak het, en ook sommer ‘n paar leeus trompop geloop het, verklaar jakkalsie: 'Jy is soos ‘n ninja!' Maar ratel ontdek dat die jakkalsie ook ‘n paar sterk punte het en dat die vriendskap ook vir hom voordele inhou. Die storie is prettig en ideal vir jong lesers wat nou die wonder van selflees ontdek. Die illustrasies is deel van die boek se sjarme en sal kinders die storie oor en oor wil laat beleef".  (Deur Christelle Wessels)