Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - René Schoombee is ‘n persoon wat op almal ‘n indruk maak. Sy het as kinderbibliotekaresse in Rustenburg baie kinders se “boek-ervaring” opgevrolik. Kinders het graag daar gaan kuier, want “tannie René is so gaaf en so vriendelik”.

Larries het haar raakgesien en vir ‘n hele paar jaar het sy hulle mediasentrum hanteer, voorwaar ‘n aanwins in die Larriesgemeenskap. ‘n Paar jaar gelede het sy ‘n nuwe uitdaging aanvaar: Hoof- bibliotekaresse van die gewilde biblioteek in Durbanville in die Kaap.
Betz Wenhold sê sy hoop hulle besef watter kosbare skat hulle gekry het. René se doel was om die biblioteek “op die map te sit”. Sy het dit ook reggekry. “Tot so ‘n mate dat ek almal wat ek in daardie omgewing ken, aangemoedig het om die biblioteek te besoek. Verlede jaar, in die Junievakansie, het ek my kleinkind geneem om die vakansieprogram by te woon. Wat ‘n sukses! Elke vakansie wanneer ek by die kinders gaan kuier, neem ek my kleinseun na sy gunsteling plek, die biblioteek. Hy wys vir Omi waar is die kinderafdeling en dan spandeer ons gewoonlik ‘n uur tussen al die mooi boeke. Hy klim in die “hondehok” by die ingang, speel hy is ‘n hondjie en besoek ook die ander uitstallings in die biblioteek... soos toe sy pappa klein was in Rustenburg”.
“Ek het twee weke gelede ‘n oproep van René ontvang, iemand het vir die biblioteek twee bokse Duitse boeke geskenk... dit voel soos Kersfees, en sy weet hierdie boeke sal ‘n tuiste vind in Kroondal. Toevallig was Randolf oppad na Kroondal en kon die kosbare boeke saambring. Wat ‘n geskenk vir ons biblioteek in Kroondal. Ek het net weer besef, René maak ‘n verskil waar sy gaan! Ons waardeer die boeke!”.  In Durbanville hou hulle ook elke maand ‘n verkoping van ektra boeke, werklik ‘n winskoop. Wat word van “ou boeke” in Rustenburg? In Kroondal word “ou boeke” elke jaar by die Kroondal Basaar verkoop. Dit is wonderlik dat ‘n oud-Rustenburger, René Schoombee, so aktief in haar gemeenskap werk, maar Rustenburg nie vergeet nie.