Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BONUS - RUSTENBURG - Hierdie week is 'n baie belangrike week op die kalender vir Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys - die skool vier hul vyftigste bestaansjaar! 
Met die winter wat uiteindelik aangebreek het, is dit 'n heerlike tyd vir gesinne om kwaliteit-tyd saam te spandeer en harte te verwarm onder die geklank van Bernice West, wat optree tydens die skool se "50 Jaar van Genade" konsertaand.

Die konsert, wat as 'n fondsinsamelingsprojek dien, vind hierdie komende Donderdag, 6 Junie om 17:30 plaas op die sportveld van Laerskool Vastrap. Kaartjies verkoop teen R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder die ouderdom van 12.
Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys is ‘n Afrikaansmedium skool vir leerders met verstandelik erg-gestremdhede en is inderdaad 'n skool waar elke leerder spesiaal voel en die beste van hul skooljare gemaak word. Weens die skool se besondere aard, is dit belangrik dat hul die nodige ondersteuningstrukture en hulpmiddels het, wat sorg vir kwaliteitonderwys en stimulerende en opbouende vaardighede wat hul leerders kan aanleer. Derhalwe, is die nodige befondsing en die gemeenskap se ondersteuning van onskatbare belang.
Kontak vir Retha op 014 597 0491 vir kaartjieverkope.