Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sloan van Wyk het die radikale redenaars nasionale finaal in Afrikaanse moedertaal vir gr 6 gewen. Die finaal het op Saterdag 18 Oktober plaasgevind en Sloan het gepraat oor “Buig die boompie terwyl hy nog jonk is’’. Sloan is in Laerskool Saamtrek.

 

 

 

 

 

 

 

 

Carmi Lemmer van Laerskool Saamtrek het die Wits Interskole Redenaarskompetisie se finaal gewen in Afrikaans moedertaal onvoorbereid gr 7.

 

 

 

 

 

 

 

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - AfriForum Jeug in Noordwes het nuutverkose leiers van drie NW-skole byeengebring vir leierskapsontwikkeling vir die termyn wat voorlê.

Leiers van Hoërskool Wesvalia, Potchefstroom Volkskool en Koster Gekombineerde Skool het ’n Toekoms-skeppersfunksie op Dinsdag 14 Oktober in Potchefstroom bygewoon. Hierdie inisiatief fokus op die nuutverkose graad 11-leiers en bemagtig hulle met praktiese leierskapvaardighede wat hulle in hul skole en gemeenskappe kan toepas. 

 

Read more …Skole se nuwe leiers besin oor leierskap

Laerskool Saamtrek se eerste meisies hokkiespan is sewende in Suid-Afrika. Die span het tydens die Champ of Champs toernooi teen spanne van Oranje Meisies, Pietersburg-Oos, Kenmare en Kragbron te staan gekom. Op die foto is (agter) Dallas Noble (afrigter), Jeani Botha, Lara de Kock, Luzya Reynders, Declynne da Silva, Fené Combrink, Izelle Scholtz, (onder) Margaux van Heerden, Mikayla Bosch, Aleksia Demetriou, Carmiya Crous (onderkaptein), Olivia Steyn, Anri Kruger en Miané Schutte (kaptein).

 

 

Juhanell Ollewagen van Laerskool Saamtrek het die meisies zero-afdeling van die Super 12-reeks by die Gary Player Country Club, Sun City gewen. Die Super 12-reeks word verteenwoordig uit 24 top skole uit Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo.

 

 

 

 

 

 

 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Vir die meeste kinders beteken skoolvakansie rus en ontspanning, maar vir Ava Steyn, ’n graad 4-leerling van Laerskool Saamtrek, was dit allesbehalwe stil.

In plaas daarvan om voor die televisie te lê, het Ava haar vakansie op die loopplank deurgebring - en watter ongelooflike prestasies het sy nie behaal nie. 

Sy het aan die Talent Africa Nationals deelgeneem waar sy nie net Diamantstatus verwerf het nie, maar ook genooi is na die gala-aand. Hier het sy twee spesiale toekennings ontvang, onder andere Top 10 Junior Model, en sy het algeheel tweede in haar ouderdomsgroep geëindig.

 

 

 

Read more …Jong Ava skitter op die loopplank

25 September 2025

Hoërskool Schoonspruit se krieketmeisies eindig as naaswenners vir die seisoen. Die span het slegs teen Hoërskool Wolmaransstad in die finaal verloor. Op die foto is (voor) Anemé Beukes, Lanita Jansen van Vuuren, (middel) Christelle Van Rensburg, DuCharn Engelbrecht, Mia Cilliers, Mekayla Drotsky, Lehani Cassara, Jeidi Engelbrecht, Felicienne Venter (paaltjiewagter en kaptein), Fejean Venter en (agter) Juanel Jansen van Vuuren, Michelle Van Rensburg, Riazelle Drotskie, Linda-Lee Swart, Leandri Lamprecht (afrigter), Phillip Roux (spesialis afrigter), Adrianca Koedyk (onderkaptein), Janke Meyer (tellinghouer), Suné Harmse en Monique Corner (hulp-afrigter).

More Articles …