Die Pick n Pay stalletjiemark van Saterdag 26 April was omtrent ‘n miernes van bedrywigheid soos almal die langnaweek benut het. Mense het in groot getalle opgedaag en kon by die mark kragte meet met die lede van die Kraken armdrukklub wat by die mark kom kuier het. Die klublede het vir die publiek die fyner kunsies van armdruk geleer. Die 40 uitstallers is goed ondersteun. In Mei word daar op 3 Mei en 31 Mei markte by Pick n Pay aangebied. Op die foto wys Landu Viviers van Kraken vir Tinus van Staden, organiseerder van die mark, die regte greep vir armdruk.
Foto verskaf.