Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
25
Fri, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Durado Spur, Vryburg het besluit om hulle harte oop te maak vir Naledi Animal Shelter en A Feral’s Hope in Vryburg en doen hiermee ook ‘n beroep op die gemeenskap van Vryburg en omgewing om ‘n handjie by te sit met die insameling.

Durado Spur gaan vir ‘n tydperk van drie maande ‘n promosie vir al hulle kliënte aanbied en poog om donasies in die vorm van blikke of sakke kos, komberse, speelgoed en ander noodsaaklikhede vir die organisasies in te vorder. Die promosie behels dat alle kliënte van Durado Spur, elke Maandag, vir die volgende drie maande, 10% afslag op hulle totale rekening kan kry, indien hulle ‘n donasie vir die Naledi Animal Shelter of A Feral’s Hope na Durado Spur in Vryburg bring. ‘n Groot mandjie sal daar beskikbaar wees vir alle donasies aan ons vierpotige vriende. Ondersteun die veldtog ten bate van die hondjies en katjies in Naledi Animal Shelter en A Feral’s Hope in Vryburg. Dis die minste wat jy kan doen om te help en kry boonop afslag op jou rekening. Dis ‘n wen-wen situasie vir almal.