Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
24
Thu, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Dit is so maklik om die gesiglose, naamlose vroue wie se stories onvertel bly mis te kyk, gering te ag, of eenvoud oor hulle te lees, maar sy maak saak en haar verhaal maak saak. 
Haar naam is Hendrika Nel(18) van Vryburg en sy maak saak.

Sy is die slagoffer van seksuele mishandeling, maar het besluit om haar vlerke te sprei na vryheid en te praat oor die mishandeling. Hendrika het besluit om haar vlerke te sprei en nie toe te laat dat mishandeling haar vlerke knip nie. Sy vertel dat sy van agtjarige ouderdom tot 17-jarige ouderdom seksueel mishandel was deur haar biologiese ma en pa. 
Hulle het in Vryburg gebly en sy was ‘n skolier by ‘n plaaslike skool. 
Sy het niemand vertel daarvan nie, want sy was deur haar ouers gedreig indien sy sou praat. Sy is deur ‘n baie moeilike tyd en dit was moeilik om te praat daaroor. 
Een wonderlike dag, het ‘n nuwe vriend oor haar pad gekom wat sy kon vertrou. 
Sy het alles wat met haar gebeur het met hierdie vertroueling gedeel, wie op daardie stadium self ook deur ‘n moeilike tyd gegaan het. Sy het toe self besluit om te praat oor die seksuele mishandeling en ‘n saak van seksuele mishandeling in Januarie vanjaar by die polisie aan te meld.
 Sy het ook ‘n beskermingsbevel teen albei haar ouers gekry. 
Sy wil niks met haar ouers te doen hê nie, en sê sy kry dit nog nie oor haar hart om hulle te vergewe vir die dade wat hulle aan haar gedoen het. Sy besef hulle het haar lewe verwoes het en op verskeie vlakke benadeel het, maar het besluit om op te staan teen dit. Haar ouers het intussen uit Vryburg verhuis, maar woon nogsteeds in die omgewing. Hendrika het gevoel dat sy niks beteken vir haar ouers nie en dat hulle haar net gebruik vir seksuele mishandeling. 
Hulle het ook naakte fotos van haar geneem en vir ander mense gestuur – teen betaling. Intussen het haar ouma en oupa voogskap oor haar gekry, waar sy tans woon en versorg word. 
Haar ouma en oupa is geweldig lief vir haar en het haar aangeneem as hulle eie kind. Haar ma se suster en broer ondersteun haar ook in die saak. 
Hendrika sien haarself in die toekoms as iemand wat ander kan help en goeie goed doen. 
Sy wil graag haar Graad 12 deur die pos doen, omdat sy tans net Graad 7 het.  Haar ouers het haar uit die skool gehaal en ontneem om verdere onderrrig te ontvang. Hendrika se raad aan kinders of mense wat deur soortgelyke situasies gaan, is dat hulle nie bang moet wees vir hulle ouers nie en met iemand moet praat en nie moet stilbly nie. 
Kry ‘n vetroueling met wie jy jou storie kan deel sodat jy jou vlerke kan sprei na vryheid.