Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Te danke aan Anglo American en Amtec Applied Mineral Technoloies kan Laerskool David Brink nou met trots hulle sportgeleenthede aanbied en ook sommer sien wat die tellingbord vir hulle wil sê.
Gedurende verlede jaar het mnr Pieter Venter, adjunkhoof by Laerskool David Brink, die behoefte vir ‘n elektroniese telbord by die skool geïdentifiseer. 

“Wanneer wedstryde by ons skool plaasvind, moet daar altyd gevra word vir die telling. Nou kan dit sommer duidelik gesien word wanneer jy die terrein betree.” Hy het kontak gemaak met Tebogo Matolo van Anglo American om aansoek te doen. “’n Lyn in die water is beter as geen lyn nie”, het hy aangevoer. 
Nadat ‘n aantal maande verloop het, het hy die e-pos ontvang dat die bal aan die rol gesit is. Die droom was besig om bewaarheid te word. Mnr Ben van der Merwe van Amtec is deur Anglo American deel van die projek gemaak en so het hierdie twee maatskappy hande gevat om die plaaslike Oos-Einde gemeenskap in Rustenburg te dien. 
Laerskool David Brink wil elke rolspeler in hierdie projek bedank vir hulle hulp en ondersteuning. Hierdie telbord bied verdere geleenthede vir die skool en gemeenskap as net blote telling hou gedurende sportdae. Die telbord kom op die perfekte tyd om ook die skool se 70-jarige bestaansjaar te vier. ‘n Pragtige geskenk!