Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Dr André Hattingh - ‘n Suid-Afrikaanse geneesheer (tweede van regs) - en sy span ondersteuners, wat vanjaar vir die sesde agtereenvolgende jaar in ‘n uitgebreide  motorfietstoer ook in Rustenburg aangedoen het ten einde broodnodige fondse in te samel vir die nou reeds bekende Pediatric Care Africa-Projek waarin daar gepoog word om pediatriese sorg vir kinders op ‘n pro-bono basis moontlik te maak en soveel as moontlik algemene praktisyns rondom die land by die projek te betrek en by die “Doctors for Children Drive” aan te sluit.

Dié foto hierbo is Vrydagmiddag kort na die etensuur by die Stay Easy Hotel geneem enkele oomblikke nadat die groot fietse en hul uitgeputte ryers Rustenburg bereik het. Die groepie sou Saterdagoggend weer die ysterperde opsaal en na Vryburg vertrek met nog slegs enkele skofte omtrent regdeur Suid-Afrika waarin ‘n totaal van digby die 41 700 km afgelê is - feilik presies dieselfde as die lengte van die ewenaar rondom Moeder Aarde. Van links hierbo is Corrie Bateman, Gerhard Kirchner, dr André Hatting en Rudi Hähn. Rustenburg Herald het verneem dat vanjaar se “toer” een van die moeilikste ooit was met wydverspreide reën wat tydig en ontydig bykans die dapper manne se verdienstelike poging in die wiele gery het. Sien ook berig en nog foto’s op bl.29 van hierdie uitgawe. (Foto: Waldie Volschenk)