RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Tydens Rustenburg Leeskring se byeenkoms op 27 Mei het Carla van der Spuy oor "Bessie se Hangkasbiblioteek" deur Madelein Rust, asook haar eie werk gesels. Carla, ‘n joernalis en skrywer, het gesorg vir ‘n baie interessante en lewendige bespreking.
Die volgende Leeskringbyeenkoms vind op Dinsdag, 24 Junie by Chestnutlaan 3, Proteapark plaas en begin om 15:00. Tydenbs hierdie geleentheid word "Die Ou Man en die Duif" deur FA Venter onder leiding van Meisie Fowlds bespreek. Almal is welkom by die byeenkoms, al kon u nie die boek lees nie. Skakel Micky Badenhorst by 072 223 6841 of stuur ‘n teksboodskap vir meer besonderhede.