Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Dudu Myeni, uiters omstrede voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, wat na ‘n uitgerekte hofsaak tot misdadige direkteur verklaar is nadat sy feitlik eiehandig daartoe bygedra het dat die voormalige Suid-Afrikaanse Lugdiens finansiële verliese van R16.8 miljard gely het, is Vrydagaand in die ouderdom van 60 jaar oorlede. 

Myeni was in die algemene volkstaal die “baasbrein” agter die ineenstorting van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en jare se pogings om haar uit haar pos gedwing te kry en haar onder meer vir dié verliese verantwoordelik te hou, het uiteindelik slegs daartoe gelei dat sy in 2020 as misdadige direkteur verklaar is - ‘n “kwalifikasie” wat sou verhoed dat sy ooit weer in enige direkteurspos aangestel kon word. 
Myeni het in haar termyn deurlopend koppe gestamp met Wayne Duvenhage van Outa - “Organisation Undoing Tax Abuse” - maar het ook op gereelde basis swaarde gekruis met opposisiepartye en instansies wat haar verblyf by SAL as ‘n goedgekeurde strooptog gesien het. Sy was ‘n stoere bondgenoot van die voormalige president Jacob Zuma en het hardnekkig aan haar pos vasgeklou en geweier om te bedank of te erken dat sy vir die astronomiese verliese by SAL verantwoordelik was. 
Myeni sal onthou word vir die omstrede onthullings wat tydens die saak aan die lig gekom het, naamlik dat sy maandeliks sowat R300 000 deur Bosasa van wyle Gavin Watson betaal is - geld wat blykbaar vir die Jacob Zuma-stigting waarvan sy ook die voorsitter was, bedoel was. 
In die hofstryd teen Myeni is die saak telkens vertraag, omdat Myeni nie by die hof opgedaag het nie omdat sy kwansuis nie geld vir ‘n taxi gehad het nie, of omdat haar gesondheid nie na wense was nie.