Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Vinnige en samewerkende optrede om misdaad die hoof te bied, het gelei tot die ingehegtenisname van ‘n vragmotordief slegs minute nadat die voertuig gesteel is.
Polisiebeamptes was besig met hul pligte tydens die Veiliger Stad-operasie in die sentrale sakekern van Rustenburg, omstreeks 09:00 op Vrydag, 28 Februarie toe ‘n waarskuwing en uitkykboodskap die beamptes bereik het, wat hulle in kennis gestel het dat ‘n wit Toyota Dyna-vragmotor gesteel is.

Die misdaad is gepleeg deur ‘n onbekende man vanaf die perseel van ‘n tweedehandse motorhandelaar in Kroondal. Die aanvanklike inligitng wat versprei is, het aangedui dat die vragmotor op pad was na Rustenburg. 
Die eienaar van die motorhandelaar is deur die polisie gekontak en hy het aangedui dat hy die gesteelde vragmotor agterna gesit het - op die R24 in die rigting van Magaliesburg. Die beamptes en verskeie boere van die omgewing het ook die vragmotor begin volg en dié is naby Maanhaarrand aangekeer. Gevolglik is ‘n 42-jarige man van Zimbabwe ondervra en uiteindelik in hegtenis geneem weens die feit dat hy nie ‘n verduideling kon verskaf vir sy besit van die vragmotor nie. 
Die verdagte, wat onwettig in die land is, sal binnekort in die landdroskantoor in Rusteburg verskyn op aanklagte van diefstal en die besit van ‘n gesteelde voertuig.  
Die waarnemende provinsiale kom-missaris in Noord-wes, majoor-generaal Patrick Asaneng, het die onmiddellike inhegtenisname van die verdagte ver-welkom en al die samewerkende partye bedank vir hulle betrokkenheid.