Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die tweepot-aftreestelsel is onlangs in Suid-Afrika aangekondig en vir Jan Alleman kan hierdie sisteem uiters deurmekaar en onsamehangend wees as jy nie goed vertroud in die taal van finansies is nie. Sanlamkonsultante bied Rustenburg Herald-lesers die volgende advies: "As jy in die huidige marktoestande ‘n werk het, hou daaraan vas. Om uit jou werk te bedank sonder om ‘n nuwe een te hê wat op jou wag, net om toegang tot die geld in jou aftreefonds te verkry, kan later rampspoedige gevolge hê. Bly weg van jou aftreefonds."

Volgens die nuwe stelsel, kan jy al die aftreegeld wat in jou werkgewer se pensioenfonds opgehoop het, in kontant onttrek, maar jy sal hoë belasting daarop betaal. Met die nuwe twee- pot-stelsel word ontrekkings op marginale skaal belas, wat tot 45% kan beloop. 
Jy is dalk finansiëel desperaat, maar Otto Schulze, beleggings-spesialis by Cultura Wealth Bloustêr in Rustenburg, gee ‘n opsomming van waarom jy jou werk behoort te behou en van jou aftreefonds af moet wegbly:
Moenie jou finansiële toekoms in gevaar stel nie. Om jou werk te bedank net om toegang tot jou aftreefonds te verkry, is riskant. Daar is te veel onsekerheid in die werksmark, en as jy die broodwinner is, dink ook aan wat bedanking vir jou en jou gesin kan beteken.
Om jou aftreegeld nou te wil bestee, beteken dat jy nie genoeg sal hê om van te lewe wanneer jy aftree nie en dat jy ná aftrede steeds sal moet werk om ‘n inkomste te genereer. 
Voortydige onttrekking uit jou aftreefonds (d.w.s. wanneer jy bedank) kan lei tot hoë belastingaftrekkings. Jy kan tot een derde van jou aftreegeld in kontant neem. Die res moet vir die aankoop van ‘n lyfrente gebruik word. As jy vroeër onttrek, (wanneer jy ‘n nuwe werk kry en bedank), kan jy tipies soveel van jou fondse moontlik oordra na ‘n bewaringsfonds by ‘n geregistreerde finansiëlediensteverskaffer. Ander opsies sou wees om dit oor te dra na ‘n uittree-annuïteit of die nuwe werkgewer se pensioenfonds. Jy kan die volle bedrag onttrek, maar die belasting wat jy op die kontantenkelbedrag betaal, sal meer wees as wanneer jy uit die fonds aftree.
Dink aan al die geld wat jy in saamgestelde rente sal verloor, veral as jy nou 100% van jou pensioenfonds onttrek.
As jy die geld nodig het om jou skuld te betaal, oorweeg eers ander opsies. Dink aan skuldberading of -konsolidasie, aangesien ‘n skuldbestuurprogram jou sal help om ‘n skuldterugbetalingsplan op te stel wat jou weer op ‘n gesonde finansiële voet sal plaas.
Praat met n professionele finansiële adviseur alvorens jy enige besluite neem.