Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Geagte Rustenburg-gemeenskap
As die oudste seun van Wilma en George [Koster], wil ek my waardering en respek aan almal uitspreek. Dit was ‘n hartseer-tyd vir ons gesin met die verlies van ons ouers, maar ek is oorweldig deur die ondersteuning en vriendelikheid van hierdie dorp. 
Dit was en sal ‘n lang reis vir ons wees en genesing sal seker ‘n ewigheid neem. Baie van julle het my persoonlik genader, en ek vra om verskoning as ek nie altyd dadelik geantwoord het nie.

Weet asseblief dat julle gebare en woorde van meegevoel, blomme, boodskappe, oproepe en e-posse baie vir ons gesin beteken het - almal van regoor Suid-Afrika, Australië, Nieu-Seeland en Montana-staat in die VSA. Indien ek iemand uitlaat, vra ek verskoning; dit is nie met die doel om te vergeet wat julle gedoen het nie, alles is net so oorweldigend op hierdie oomblik. 
Soos ek teruggaan na my lewe en werk in die VSA, wil ek vra vir julle voortgaande ondersteuning tydens die komende hofsaak. Wees asseblief daar vir my broer, suster en haar man, Johan. Vanaf die eerste dag van die moord het almal se ondersteuning dit ‘n bietjie ligter gemaak. 
Ek wil my opregte dank aan die EMS-groep, ER24, forensiese span, polisie, Netwerk24, en Morne Engelbrecht en sy vrou uitspreek vir hulle teenwoordigheid by my ma en pa - tot die laaste asem. Dankie, ten minste weet ons hulle het vriendelikheid en eerbaarheid ervaar aan die einde.
Ek wil ook die Rustenburg SAPS en die kolonel bedank vir sy hofverskyning en dat hy die grondslag van reg en verkeerd gehandhaaf het. Ek waardeer julle en alles wat julle vir my ma en pa gedoen het. Ook forensies en spesiale magte vir hulle respek en vriendelikheid gedurende hierdie pynlike tyd. Jul insette gee vir ons hoop dat geregtigheid sal geskied. Geen woorde sal ooit genoeg wees om behoorlik dankie te sê nie. 
Aan my familie, George, Jacqueline en Johan, baie dankie dat julle die fort hou terwyl ek weg is. Ek is lief vir julle almal - ons het nou net mekaar. Maar ons sal sterk staan en Ma en Pa se herinnering lewendig hou en dit saam oorleef. 
Dankie weereens, Rustenburg-gemeenskap, vir julle ondersteuning. 
Laatstens, dankie aan die hemelse Vader en Skepper dat ons drie kinders so geseënd was, om George en Wilma as ouers te hê, ons was verseker met rykdom geseën.
Rus sag Mamma, Rus sag Pappa, ons mis julle ongelooflik baie. 
Met dank, William