Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - 'n Regering van Nasional Eenheid (RNE) verteenwoordig 'n unieke en inklusiewe koalisie-regering.
 In vergelyking met tipiese koalisies, waar die verskillende politieke partye hul mag saamspan vir individuele gewin, poog 'n RNE om verskeie partye saam te laat werk aan 'n verenigde nasionale agenda. Die kruks van 'n RNE is om eenheid tussen diverse politieke groepe te bewerk, en nougestelde doelwitte van individuele partye te oorbrug. 

Die huidige RNE-inisiatief, wat deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is, sal meerendeels tot voordeel strek vir Suid-Afrika se mense. Die hooffokus van die RNE is om nasionale probleme aan te spreek wat alle landsburgers beïnvloed en dus wyer strek as die strewe na spesifieke partye se doelwitte. 
Onder die huidige omstandighede waarin geen party die meerderheid in die parlement handhaaf nie, moet die party met die meeste setels 'n RNE in die lewe roep. 
Hiérdie inklusiewe benadering poog dan om 'n meer samewerkende regering te vorm, wat verteenwoordigers van verskeie partye saam laat smelt, sodat die verskeie partye regverdig verteenwordig kan word om die mees dringende behoeftes wat die land in die gesig staar, effektief aan te spreek.  Een van die uitstaande kenmerke van 'n RNE, is die uitgebreide konsultasieproses wat deur die al die politieke partye moet deurgaan, om 'n die mees algemene agenda (voor RNE-vorming) daar te stel. Hiérdie inklusiewe benadering is ontwerp om te verseker dat die RNE waardige verteenwoordigers van die diverse politiese landskap is. Deur meertallige partye in die besluitnemingsproses in te sluit, skep die RNE 'n grondslag vir samewerking en die voortdurende bou van 'n demokratiese nasie.
Die toegewydheid om saam aan algemene agendas te werk, bring partye saam en lei daartoe dat hulle as 'n verenigde mag saamwerk, wat die partye meer funksioneel en effektief maak. Die vermoë van verskillende partye om te kan onderhandel en saam te werk binne die raamwerk van die RNE is deurslaggewend vir sukses. Die RNE is 'n breër raamwerk van koalisies waarin die verskillende groot en klein partye verenig en saamwerk, ten spyte van verskillende ideologieë oor die regering van die land. Hierdie inklusiewe benadering lei daartoe dat 'n diverse groep van stemme verenig, en lei tot die bydrae van die reënboognasie se toekoms.