Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Sosiale media het op Maandagaand, 10 Maart, omstreeks 18:30 begin gons nadat skote en ontploffings in die omgewing van Oos-Einde gehoor is.
Foto’s en video’s het kort voor lank begin versprei van ‘n voertuig wat in ligte laaie op die R510 dubbelpad gestaan het, aangrensend aan Benedenstraat, naby aan die Oos-Einde plaaslike moskee. ‘n Paar meter voor die brandende voertuig, het ‘n geldwa wawyd oopgestaan wat gedui het op ‘n transitorooftog.

Omstanders het vinnig vergader en selfone uitgeruk om die toneel te verewig, met geen agting vir hul eie veiligheid of die feit dat dit ‘n aktiewe misdaadtoneel was nie. In die chaos is verdere skote afgevuur en het die bystanders vinnig uitmekaar gespat.
Christelle Lues, ‘n inwoner van Benedenstraat, het aan Rustenburg Herald vertel hoe sy en haar man, Johannes, ook die skote en ontploffing gehoor het en mettertyd, ook sirenes van die nooddienste. “Ek was aan die voorkant van die huis, in die spaarkamer besig met wasgoed, en my man was saam met my in die vertrek. Ek het hom hoor sê: “Liefie, ek gaan dit nie maak nie.” Sy het geskok opgemerk dat haar man geskiet was en het uit die huis gestorm om hulp te ontbied by familielede wat in ‘n huis aan die agterkant van die erf woon. 
Eers nadat sy weer na die huis teruggekeer het, het sy besef dat sy ook geskiet is. Sy het beskryf hoe daar “oral bloed” was en het gevoglik die ambulansdienste ontbied. Die familie het egter bekommerd geraak toe die ambulans nie vinnig genoeg opdaag nie, aangesien Johannes vreeslik gebloei het. “My skoonseun, wat in ‘n woonstel agterin ons erf bly, het ons toe na Peglerae gehaas.”
Die egpaar is tans in ‘n stabiele toestand en wag vir verdere klarigheid oor hul reeks van behandelings. Mev Lues het aan Rustenburg Herald vertel dat haar man Dinsdagaand in Ferncrest Hospitaal (waar hul albei tans opgeneem is) geopereer sou word, nadat sy skouer in die potjie afgeskiet is. 
“Die dokter het nie sekerheid oor my behandeling nie, want die skoot is naby aan my hoofslagaar verby en is tans vasgevang in die weefsel tussen my longe.”
Mev Lues het bygevoeg dat hul albei in baie pyn verkeer, maar sy skryf ook die voorval toe aan: “Ons was op die verkeerde tyd, op die verkeerde plek.” 
Die egpaar, wat al 17 jaar in die betrokke huis woon, het ook in die nadraai van die chaos onthou dat een van die rowers in ‘n klapmus verby hul huis geloop het en moontlik bedag was daarop dat hulle hom kon beskryf of identifiseer.
Ten tye van ter perse gaan kon die polisie wynige besonderhede aan-gaande die rooftog bevestig, aangesien die ondersoek straks begin het.