Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die Noordwes provinsiale kommissaris, lt-genl Sello Kwena het Maandag met verligting gereageer op die nuus dat nie minder nie as ses verdagtes Sondagmiddag gearresteer is in verband met die moord op minstens agt mense in die provinsie. 
Die provinsie is oor die naweek geruk deur verskeie grusame moorde - onder meer in Kanana in Matlosana (Orkney) en Freedom Park in Rustenburg. 

In die Kanana-voorval waarin agt mense gedood is en 13 ander beseer is, het 'n multi-dissiplinêre taakspan wat bestaan het uit die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid, provinsiale anti-bende-eenheid, provinsiale moord- en roofeenheid, misdaadintelligensie, taktiese reaksies-pan en die Dr Kenneth Kaunda-distrik en speurders van Kanana, vier verdagtes tussen die ouderdomme van 24 en 38 in Klerksdorp en Kanana-nedersetting gearresteer. Al vier die verdagtes is burgers van Lesotho, het 'n woordvoer van die Noordwespolisie gesê. Die polisie het onder meer op 'n Toyotya Hilux-dubbelkajuitbakkie en meer as 82 rondes ammunisie van verskillende kaliber beslag gelê. 
Die verdagtes het reeds Dinsdagoggend in die Orkney Landdroshof verskyn waar hulle op agt aanklagte van moord, 13 van poging tot moord en die onwettige besit van ammunisie verskyn het. 
In Phokeng net buite Rustenburg het die polisie se eenhede vir misdaadintelligensie, kriminele rekord-sentrum, misdaadtoneelondersoekspan, die Bojanala Subdistrik 2 Trio-taakspan asook die Phokeng en distrikspeurders oor die naweek twee verdagtes - beide mans van 30 jaar oud, in verband met die Freedom Park-moorde waarin vyf mense Sondag gedood is, aangekeer. 
Een van hierdie verdagtes is klaarblyklik 'n taxibestuurder en het beweer dat hy sy taxi-bussie ('n Toyota Quantum) aan sy vriend (ook 'n taxibestuurder) geleen het. 
Dié voertuig is volgens inligting tydens die moorde in Phokeng (Freedom Park) gebruik. 
Ná die voorval het die vriend van die taxibestuurder na bewering die voertuig van die misdaadtoneel verwyder en nagelaat om die voorval aan die polisie of die eienaar te rapporteer. Die twee mans het Dinsdag in die Bafokeng Landdroshof in Tlhabane verskyn op vyf aanklagte van moord en regsverydeling. 
Al bogenoemde polisie-eenhede is tans steeds onverpoosd besig om te soek na die oorblywende verdagtes wat nog op vrye voet is. 
Lt-genl Kwena het alle eenhede en lede van die polisie geprys vir hulle goeie werk en toewyding wat daartoe gelei het dat die agt verdagtes in slegs enkele uur aangekeer is. 
Kwena het ook gewaarsku dat wetteloosheid nie verdra sal word nie en dat die polisie in die provinsie alles in hul vermoë sal doen om te verseker dat die verdagtes wat agter die moorde is, spoedig aangekeer sal word en die wetlike gevolge van hul misdade sal moet dra.