Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die AfriForumtak in Rustenburg het op 11 Julie altesaam 15 ton teer gebruik om die verbrokkelende pad op die hoek van Coetzerstraat en Watervallaan in die industriële gebied te herstel. 
Twee 25 liter dromme ss60 Bitumen is ook gebruik om hierdie gedeelte van die pad veiliger vir motoriste te maak.

“Die instandhouding van industriële gebiede is ’n hoofprioriteit vir ’n dorp se ekonomiese volhoubaarheid en welvaart, aangesien dit werkgeleenthede skep en stedelike ontwikkeling bevorder. Die handhawing van infrastruktuur en dienste in hierdie gebiede dra eindelik by tot die produktiwiteit van ondernemings en die lewenskwaliteit van die gemeenskap,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groot-Marico.
“Daar is ongelooflik baie werk wat nog gedoen moet word. Ons bedank almal wat betrokke was om hierdie projek ’n sukses te maak. Coastal Hire Rustenburg het die roller en snymasjien beskikbaar gestel en Obaro het 100kg se teer tot die projek bygedra. Sebetsa Trading het gesorg dat die werkers nie op ’n leë maag werk nie en verversings geskenk. Ons vra wel dat ondernemings na ons toe uitreik indien daar ’n versoek is om slaggate in hul omgewing te herstel – enige bydraes in hierdie verband sal help en waardeer word,” sluit Viljoen af.
Vir meer inligting oor AfriForum se Rustenburgtak en om by toekomstige projekte en aktiwiteite betrokke te raak, kontak Dawie Conradie by 082 930 9905.