Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Gerugte dat die bekende WA van Zyl Gemeenskapsaal sowel as die munisipale woonstelle in Geelhoutpark skynbaar ‘n geruime tyd gelede aan ‘n prominente mynboumaatskappy in Rustenburg “verkoop” is of, trouens, in ‘n grondruil-transaksie tussen die maatskappy en die Rustenburg Munisipaliteit in kontraktuele rompslomp “verlore gegaan” het, het sedert verlede Dinsdag soos ‘n veldbrand versprei. Sover vasgestel kon word, is só ‘n transaksie hoegenaamd nie by wyse van ‘n Raadsbesluit deur die RLM bekragtig nie.

Indringende vrae oor hoe op aarde dit moontlik kan wees dat ‘n “verlies” van ‘n nagenoeg R60 tot R90 miljoen-bate van die Rustenburg Munisipaliteit nie deur die ouditeur-generaal in die RLM se bateregister opgemerk is nie, hang vandeesweek steeds onbeantwoord in die lug. Hierdie foto van die WA van Zylsaal het vroeër vandeesweek ook op die voorblad van ons NW Bonus-publikasie gepryk en ondanks herhaaldelike media-navrae oor die aangeleentheid, het Rustenburg Herald tot Dinsdag vandeesweek geen kommentaar ontvang nie.