Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Op Saterdag, 2 Augustus het Larries Boogskiet aan die jaarlikse AGA-NW Provinsiale Bullseye- en 3D-Boogskietkampioenskap by Bergsig Akademie deelgeneem. Die Larries-skuts het met groot toewyding en akkuraatheid meegeding.

Die Larries-boogskietspan het die groot prys ingepalm deur eerste plek in die primêre 3D-afdeling te behaal met ’n goeie telling van 1592 uit 1800. Hiermee is hulle gekroon as die 2025 AGA-NW Primêre 3D-Kampioene. 
Laerskool Rustenburg is ongelooflik trots om aan te kondig dat Larries Boogskiet vir die vierde keer as die AGA-NW Provinsiale Primêre 3D-Kampioene aangewys is. 
In die Bullseye-afdeling het die span ’n tweede plek behaal met ’n mooi telling van 3152 uit 3600. Hierdie besondere prestasie getuig van harde werk, spanpoging en ware Larries-gees. 
Baie geluk aan elke skut! Larries se seuns- en dogterskuts het puik presteer deur drie bullseye- en drie 3D-posisies onder die top 10 in te neem. 
Skuts wat besonder goed gevaar het, sluit in: Dean Venter, wat ‘n eerste plek behaal het in die bullseye-afdeling vir primêre-seuns met ’n telling van 282 uit 300 en ‘n tweede plek in die 3D-afdeling vir primêre-seuns met ’n telling van 278 uit 300. Isabella Roos, wat ‘n tweede plek behaal het in die bullseye-afdeling vir primêre-dogters met ’n telling van 280 uit 300. Rihard du Plessis, wat ‘n derde plek behaal het in die 3D-afdeling vir primêre-seuns met ’n telling van 277 uit 300. Chené van Niekerk, wat ‘n derde plek ingeneem het in die 3D-afdeling vir primêre-dogters met ’n telling van 265 uit 300.