Neethling Fouché, ‘n voormalige leerling van die Laerskool Rustenburg, die Hoërskool Rustenburg en toe later Grey College in Bloemfontein, maak eerskomende Saterdag op 32-jarige ouderdom sy buiging vir die Springbokke wanneer die Bokke die Barbarians dié naweek (Saterdag, 28 Junie) in Kaapstad pak.
Neethling (vaskopstut) is een van vier plaasvervangers wat Saterdag vir die heel eerste keer vir die Bokke sal uitdraf. Die ander drie spelers is Asenathi Ntlabakanye (stut), Vincent Tshituka (flank) en Marnus van der Merwe (haker). Neethling is tans ‘n Stormers-gekontrakteerde speler en het sy rugbytalent tydens sy kinderjare in Rustenburg geslyt. Neethling is getroud met Janca en het twee kinders, Lente en Pelser. Sy ouers is bekende inwoners van Rustenburg - Janna en Frankie Fouché.