RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Laerskool Vastrap is baie trots op elke netbaldogter en -afrigter wat hulle beste gelewer het in die plaaslike streeks-kompetisie.
Die uitslae was as volg:
O/11A: Bojanala-wenners - Laerskool Vastrap, tweede - Laerskool Generaal Hendrik Schoeman (GHS) en derde - Laerskool Rustenburg; O/12A: Bojanala-wenners - Laerskool Vastrap, tweede - Laerskool Rustenburg en derde - GHS; O/13A: Bojanala-wenners - Laerskool Rustenburg, tweede - Laerskool Vastrap, derde - GHS.