Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - The Rabbit Haemorrhagic Disease (RHD) out-break threatens indigenous and domestic rabbits RHD is a highly contagious and often fatal disease affecting both domestic and wild rabbits, as well as hares.
South Africa, home to nine indigenous species of lagomorphs, is facing a crisis as this devastating disease spreads rapidly across the country. This devastating outbreak not only poses a significant threat to the rabbit keeping community but also endangers our indigenous rabbit population, potentially leading to an ecological disaster.
Color Run by Wyn Tyn
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Wat gemaak op ‘n luilekker Saterdag-oggend? Die Wyn Tyn Mark is die plek om te wees. Die mark vind op Saterdag 4 November sowat 7km buite Wesselsstraat, Meiringspark plaas op Hoewe 123A. Die eienaar, Marlize Chatwind, sê mense sal die motors langs die pad sien as hulle wonder waar dit is. Die mark het meer as vyftig uitstallers. Die mark bied ‘n Color Run aan. Dit sal om 12:00 begin en die afstand is 3 km. Kaartjies kos R100 elk. Inskrywings kan by die hek of vooraf gekoop word.
Titels by dosyne
Michelé Beets moet plek maak vir nog ‘n kroon in haar versameling. Sy het die Toddler & Tween of the World 2023 wat vroeër die maand in Klerksdorp aangebied is, in haar ouderdomskategorie gewen. Daarmee saam is sy ook die Platinum Prime Winner met die meeste stemme in haar kategorie en die Noordwes Ambassadeur in haar ouderdomsgroep vir liefdadigheidswerk. Sy is ook gekies om volgende jaar aan ‘n skoonheidskompetisie in Amerika deel te neem.
60 Jaar oud met 60 trekkers
Jaco en Johann Gouws het onlangs hul 60 ste verjaardae gevier. Die tweeling is alombekend vir hul belangstelling in trekkers - Ferguson en Massey Ferguson trekkers spesifiek. Hul versameling was op 13 Oktober by Bokkies Pub en Braai te sien en hul families het op 14 Oktober verjaardae gevier. Meer oor hul stokperdjie in volgende maand se Agri-Pulse.
Gee jou hart vir Dawkinsville
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Engele het nie net vlerke nie, hulle bly tussen ons. Hailey van den Heever gee om vir die kinders van Dawkinsville. Sy hou in Desember ‘n Kerspartytjie vir sowat 120 kinders in ‘n parkie in die woonbuurt. Dit is slegs vir kinders jonger as 13 jaar oud. Volgens haar maak die mense van die buurt die terrein skoon en kry dit reg om die dag vir hul kinders spesiaal te kan maak.