Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die plaaslike museum hou ‘n gereelde diskoersreeks oor interessante onderwerpe. Die volgende diskoers vind op Saterdag 25 Mei om 09:00 plaas. Historikus Bert Gaffen sal praat oor die geskiedenis van die Khoisan asook oor die voorkoms van rotstekeninge in die omgewing. Volgens Gaffen was die Khoisan volop in die omgewing vir duisende jare met tekeninge tot op Ottosdal. Die museum bevat ook juwele en persoonlike items van die Khoisan. Skakel 018 487 8900 om jou plek te bespreek.
Die diskoers is informeel en gratis om by te woon. Parkering is beskikbaar op die museumterrein en koffie en tee sal bedien word.
Boekeblad: Skrywers pak die sewe doodsondes
“Maria, het Anna al lankal terug besluit, is net gelukkig wanneer sy ongelukkig is. Wie wil nou saam met só ‘n skepsel jou lewe lei? Dit gaan nog vir Frederik te veel raak, en dan moet Maria nie huil as hy vlerk by ‘n ander meisie loop sleep nie. Maria dink alles is sonde. Selfs om te lag…”
(Uittreksel: Terug na die walle van die Molopo - Christelle Wessels en Jan Vermeulen/ Sewe keer Sondig)
Boekeblad: Slapelose nag as jy hier begin lees
Skrywer: Stephen Leather
Titel: Dirty War
Uitgewer: Hodder & Staughton
ISBN: 978-1-529-36737-9
Resensent: Stefaans Coetzee
Ek dink nie die 67-jarige Britse skrywer Stephen Leather het enige bekendstelling nodig as jy verslaaf is aan die genre (dit is nou spesiale magte/spioenasie/terrorisme) nie. Verskeie van sy boeke is verfilm, sy vierde boek The Chinaman (The Foreigner), met Jackie Chan en Pierce Brosnan in die hoofrolle, is my gunsteling. Hy is een van ʼn handvol joernaliste wat hul kennis suksesvol in blitsverkopers omskep het, dink aan Frederick Forsyth, Gerald Seymour (Harry’s Game), Terence Strong (The Tick-Tock Man) en Gordon Stevens (Peace on Earth).
NG Wilkruin hou basaar
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Omkring jou dagboek op Saterdag 27 April, want NG Wilkruin hou basaar.
Die kerk sal die groot dag begin met potjiekos wat te koop sal wees op die vorige dag, 26 April, vanaf 17:00. Die basaar sal om 08:00 begin en tot sowat 14:00 duur. Wat kan mense verwag? Vars vleis te koop, lekker kerrie-en-rys, poeding, pannekoek, ‘n teetuin, roomys, koeldrank, vars gebak te koop, handwerk, ‘n wit olifant-tafel, tombola en wors en sosatiebroodjies.
Nuut op die rak: Stories wat skok
Sy is Veilig deur Emma van der Walt
Uitgegee deur Lapa Uitgewers
Emma van der Walt is ’n pastoor, ’n ma en eggenoot, en ’n vrou van God. Sy is ook die vreeslose stigter van die niewinsgewende organisasie, Brave to Love.
Daagliks betree hulle die donker wêreld van die seksbedryf en mensehandel om jong vroue uit die kloue van dié euwel te red.
Hierdie meisies word dan met liefde en leiding ’n nuwe begin gebied.
Hierdie is haar storie en die skokkende verhale van die gelukkiges wat gered kon word om die hel van mensehandel te oorleef.
Sy is veilig word nie aanbeveel vir sensitiewe lesers nie en is ook beskikbaar in Engels as She Is Safe.