Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die 100ste bestaansjaar viering van Afrikaans as amptelike taal is Vrydagaand 20 Junie by Verdant in Klerksdorp gevier. Dit was ‘n byeenkoms waar liefhebbers van kuns en boeke bymekaar gekom het vir ‘n viering wat nog lank onthou sal word. Kunstenaars wat hul liefde vir Afrikaans op skilderdoek uitgebeeld het, se kunswerke is onder die wakende oog van Zet Havenga van The B Gallery uitgestal. Die mooiste gedigte is voorgedra en selfs kortverhale is voorgelees.
Die digter en Afrikaanse dosent, Alwyn Roux het saamgekuier en gedigte voorgelees uit Merang, die versamelbundel van Afrikaanse gedigte wat spesifiek vir die viering van 100 jaar van Afrikaans saamgestel is. Dit was ‘n gesellige aand rondom ‘n kaggelvuur en was ‘n heerlike viering van die Afrikaanse taal.
By die geleentheid is die datum van die Klerksdorp Boekefees vir 2025 aangekondig as 24-25 Oktober.
Nog foto’s in die week se Klerksdorp Rekord. Mejandra Fourie het foto’s geneem.