Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Besighede en huishoudings wat agterstallig is met hul munisipale rekeninge kan verwag om afgesny te word.

Die Matlosana Munisipaliteit se tesourie het einde September begin rooi briewe uitdeel om uitstaande skuld in te vorder. Huishoudings en besighede met agterstallige rekenings is besoek.

“Sommige het daarin geslaag om te betaal terwyl ander gesny is. Besighede in Klerksdorp CBD, Freemanville, Meiringspark, Wilkeville en Wilkoppies is besoek,” het Ntswaki Makgetha, munisipale woordvoerder, gesê.



MMC Maria Ramphele het besighede en huishoudings bedank vir gereelde betalings aan die munisipaliteit. Sy het by diegene wat agterstallig is, gepleit om hul munisipale rekeninge te betaal of munisipale kantore te raadpleeg vir betalingsreëlings.