Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Elke November is dit tradisie by Klerksdorp Museum om die Eerste Wêreldoorlog te herdenk. Dit is vanjaar die tiende jaar dat ‘n gedenkuitstalling by die museum gehou word sedert dit in November 2014 (‘n 100 jaar nadat die Oorlog begin het) die eerste keer aangebied is. Die uitstalling duur tot die tweede week van Januarie.
‘n Interessante verskeidenheid uniforms en toerusting wat deur soldate gebruik is, word uitgestal, terwyl ‘n reeks kleurvolle baniere ‘n paar relevante onderwerpe met betrekking tot die Oorlog uitlig (bv. die rol van Afrika-soldate in die Oorlog, die heldhaftige weerstand van Suid-Afrikaanse soldate in die Slag van Delville Woods en die impak van die oorlog op burgerlikes).
Besoekers kan ook ‘n aantal kort, insiggewende video’s oor die oorlog geniet.
Vir verdere inligting, skakel die museum by 018 487 8900.