Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Liewe Heksie en Karel Kat is besig om te oefen vir Blommeland se eie “Strictly Come Dancing” by Aardklop in “Liewe Heksie en die wals”. Dit beloof om ‘n skreeusnaakse kinder-vriendelike produksie te wees. Maar weet Heksie ooit wat ’n wals is? En wat gebeur as Levinia die belangrike taak kry om die Silwerroos op te pas? Die Geelheks wil so graag haar kloutjies daarop kry, maar Liewe Heksie sê sy beskerm die Silwerpapawer met haar lewe.
Die bekroonde duo van Margit Meyer-Rödenbeck en Deon Van Zyl gee opnuut lewe aan die verhale van Verna Vels. Die kaartjies is by Webtickets te koop.
Vyf dubbelkaartjies is op die spel om Levinia te sien wals by Aardklop. Stuur jou naam en kontakbesonderhede na