Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Die Abraham Kriel Kinderhuis se liggiefees elke Desember is al legendaries, nou gaan hul Winter Wonderwêreld die tonge laat klap. Die Winter Wonderland begin op Vrydag 27 Junie, sal duur tot 4 Julie en sal net soos die liggiefees, die moeite werd wees om te besoek. Die kaartjies kos R40 per persoon per dag en dit is reeds by Quicket beskikbaar. Kaartjies sal ook by die hek beskikbaar wees.
Kunstenaars gaan ook optree. Op die verhoog is Eloff (27 Junie), Karlien van Jaarsveld (28 Junie), Brass Echoes (29 Junie), Die Piesangskille (30 Junie), Brendan Peyper (2 Julie), die Klerksdorpse sangpaar, George en Yolandi (3 Julie) en Dirk van der Westhuizen op 4 Julie.
Besoekers kan ‘n hemelruim van liggies verwag, smullekker eet- en drinkgoed, ‘n kinderspeelarea en ‘n Wonderlandmark met unieke skatte en lekkernye.
Die lekkerte sal tussen 18:00 en 22:00 plaasvind. Trek warm aan. Moenie hierdie winterfees mis nie!