Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Mosterdsaad Gemeenskapshulp het verlede week ‘n dekade van diensbaarheid aan die Klerksdorp gemeenskap gevier. Maggie van Zuydam wat aan hoof van die nie-winsgewende organisasie staan het saam met haar span vrywilligers ‘n spesiale dankie sê-oggend gereël vir skenkers wat die afgelope tien jaar al ‘n pad met die organisasie stap. Dit is by Nuwe Lewe gehou waar pastoor Wikus van Zyl ook ‘n dankboodskap gelewer het. Hy het spesifiek vir Maggie bedank wat met haar toewyding aan die gemeenskap vir Mosterdsaad uitgebou het tot die instansie wat dit vandag is. 

Meer as 1 000 behoeftige huisgesinne kry maandeliks kospakkies en die klerebank bars ook uit sy nate. Mosterdsaad word bedryf vanaf haar huis in Vuurpylstraat.
Maggie wat “al die eer aan die Here’’ gee, het kort-kort trane afgevee en met haar spreekbeurt gesê sy is net ‘n handlanger van God en hulle werk tot ere van Hom.