Louisa van Tonder van Klerksdorp met haar splinternuwe Suzuki Jimny. Sy kon nie ophou glimlag toe die motor op Saterdag 22 Februarie aan haar oorhandig is nie. Coca-Cola en Spar het ‘n kompetisie aangebied waar vyf van die motors - in Coca-Cola rooi natuurlik - op die spel was. Een so ‘n motor kos R429 000. Die wenner is in ‘n gelukstrekking gekies en Flimieda Spar het een van die gelukkige wenners opgelewer. Volgens Louisa het sy in die kompetisietyd Coke “soos water gedrink” en by elke moontlike Spar ‘n inskrywing ingevul.
Nuwe motor vir wenner
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode