Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - SASSA het aangekondig dat alle goue kaarte einde vandeesmaand gestaak sal word. Volgens die nasionale woordvoerder, Paseka Letsatsi, is die proses om na Postbank se swartkaarte oor te skakel herhaaldelik verleng en moes hulle nou ‘n datum vasmaak om die gouekaarte te staak.

“Vanaf 1 Maart sal hierdie kaarte nie aanvaar word nie. Begunstigdes sal na Postbank se swartkaarte moet oorskakel om toegang tot hul toelae te kry. Ons doen ‘n beroep op alle begunstigdes om die verandering so gou moontlik aan te bring om teleurstelling einde vandeesmaand te voorkom,” het hy bygevoeg.

“Hoewel ons begunstigdes aanmoedig om hul gouekaarte na swartkaarte om te ruil, het die Postbank aangekondig dat fondse deur sy takke verkry kan word. Ons wil hê begunstigdes moet die veranderinge aanbring om lang toue te vermy of om te verhoed dat geld nie betyds uitbetaal word nie as gevolg van duisende mense wat verkies het om die Post Bank-takke te gebruik in plaas daarvan om van gouekaarte na swartkaarte te verander,” het hy bygevoeg.

As jy nie na die Postbank swartkaart opgegradeer het nie, tik *120*218*3# op jou selfoon om afsetpunte in jou gebied te vind.