Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Danie Jacobs

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Ilne Fourie het haar eenvrouvertoning Verkleurvroutjie verlede week in Klerksdorp opgevoer en die gehoor het geskree van die lag net om 5 minute later die trane af te vee. Die vertoning was op Woensdag 5 Februarie in die saal van Hoërskool Wesvalia en die skool se drama-akademie beloof om meer teaterstukke na Klerksdorp te bring.

 

Verkleurvroutjie het sy debuut by Aardklop gehad en in hierdie prettige toneelstuk laat Ilne die gehoor kies wie van die baie karakters wat sy vertolk, hulle volgende wil sien of hoor. So of jy nou meer hou van klassieke musiek of liewer gaan uitspan by Afrikaans is Groot - hier kon jy albei kry deur net een kaartjie te koop.

Ilne (bekend vir Laerskool Noord, Sjarrap en eet jou kos! en die rol van Tannie Adrie in die Showmax-reeks Wyfie) spring moeiteloos tussen verskillende genres en laat die gehoor kies uit die sewe kleure van die reënboog - komedie, drama, uit die oudedoos, opera, skouspel, radiodrama en poësie.

Dit is dan wanneer die poppe begin dans, want sy verander dadelik van karakter na aanleiding van die gehoor se keuse van genre wat hul wil sien of hoor. Verkleurmannetjies verander van kleur om hulself te kamoefleer of hul gemoedstoestand aan te dui - maar ‘n verkleurvroutjie bring vir jou lag, trane, opera of selfs ‘n paar kunstenaars op skouspel. 

Die mense het geskater van die lag toe sy Patricia Lewis in Skouspel uitbeeld en haar monoloog oor Anne Frank het die trane laat vloei.