Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Wat moet jy doen om jou naam in dieselfde asem as Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Jan Vermeulen en Nanette van Rooyen genoem te kry? Jy moet daai storie wat al só lank in jou kop broei, nou dadelik begin skryf - net dálk is jy die volgende wenner van LAPA se befaamde Jeugromankompetisie.
Indien jy wonder of jy genoeg tyd het om ‘n goeie storie iewers te gaan uitsnuffel en neer te pen, moenie bekommer nie. Jy het meer as ‘n jaar tyd om seker te maak jy kom in aanmerking vir een van die fantastiese pryse ter waarde van R60 000. Die algehele wenner ontvang R30 000 vir die wenboek en die twee naaswenners ontvang elk R15 000. Selfs skrywers wat nie in die topdrie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.
LAPA nooi alle skrywers en voornemende skrywers uit om al daai wonderlike stories wat die wêreld vol lê, op te raap, neer te skryf en met lesers te deel. Inskrywings sluit op 30 November 2025. Besoek www.lapa.co.za vir meer inligting. Maak seker jy bestudeer die kompetisiereëls goed.
Reëls
Die verhaal moet in Afrikaans geskryf wees en gemik wees op lesers tussen 11 en 18 jaar oud. Om die proses vir jouself te vergemaklik kan jy gerus die volgende riglyne volg om die verhaal te struktureer:
- Jeugromans vir jonger tieners (11-13 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 25 000 en 30 000 woorde lank. Voorbeelde is die Thomas@-reeks deur Carina Diedericks-Hugo, ʼn Goeie dag vir boomklim deur Jaco Jacobs en Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit deur Nerine Ahlers.
- Tienerfiksie (13-15 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 30 000 en 45 000 woorde lank. Voorbeelde is Z-A-K: Die Blou Planeet deur Theresa van Baalen, As mens geluk kon proe deur Zelda Bezuidenhout en Dit het alles begin by ’n hond deur Annelie Ferreira.
- Jongvolwassenefiksie (15-18 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 45 000 en 70 000 woorde lank. Voorbeelde is Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen, Oopmond deur Jan Vermeulen en Uitverkies deur Noreen Nolte.
Die beoordelingsproses vind as volg plaas:
- Wanneer die kompetisie gesluit is, word ʼn kortlys van manuskripte saamgestel.
- Beoordelaars sal ʼn wenmanuskrip en twee naaswenners aankondig. Die algehele wenner sal die prysgeld van R30 000 wen. Alle inskrywings moet die deelnemer se oorspronklike, ongepubliseerde werk wees.
Deelnemers gee aan LAPA die eerste opsie om enige van die inskrywings te publiseer. Geen ingeskrewe verhaal mag elders voorgelê word of wees vir moontlike publikasie nie. LAPA sal ná afloop van die kompetisie skriftelik met alle deelnemers in verbinding tree om te bevestig of hul verhale gepubliseer word al dan nie.
Die prysgeld is as volg:
- Prys vir merkwaardige jeugverhaal: R30 000
- Naaswenner: R15 000
- Naaswenner: R15 000
Indien daar onder ‘n skuilnaam geskryf word, moet die skrywer se volle naam en van ook op die heel eerste bladsy van die manuskrip aangebring word.
Wenners sal op die laaste in April 2026 bekendgemaak word.
Werknemers van Penguin Random House Suid-Afrika en LAPA Uitgewers mag nie deelneem nie.
Inskrywings kan op die volgende manier voorgelê word: Stuur dit aan