Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Twee plaaslike oumas wat woeker met hul wolskeppings het ‘n internasionale ontwerpkompetisie gewen.

Die World of Wearable Art is al beskryf as die mees uitspattigste modevertoning in die wêreld. Dit is ‘n wêreldklas ekstravaganza uniek aan Nieu-Seeland en omarm die wêreld van kuns, mode, argitektuur en ontwerp en enige iemand mag deelneem. Dit is waar die 86-jarige Lena van der Wat en 82-jarige Joanne van Wyk se hekelnaalde oortyd gewerk het. Hul handewerk met die hekel van verskillende kleurvolle oumablokkies het gestalte gegee aan ‘n lewendige kunswerk van ‘n uitspattige ruimtewese in die kategorie Mars and Beyond.

Hulle het vir die skouspel ingeskryf saam met hul dogter/skoondogter, Erna van der Wat wat reeds 26 jaar in Nieu-Seeland woon. Sy het al verskeie kere vantevore vir die kompetisie ingeskryf en het self al ‘n paar pryse ingepalm.

Vanjaar het sy egter die moeders se hulp nodig gehad. “’Die tema het ons van die begin geïnspireer en ek het dadelik geweet wat ons materiaal keuse sou wees. My ma (Joanne) het ’n paar jaar terug vir ons ’n tas vol kleurvolle gehekelde blommetjies gegee en alhoewel daar letterlik honderde daarvan was, het ons meer nodig gehad om die kledingstuk te voltooi.’’

Nog oumablokke was nodig en daarom is die oumas se hulp ingeroep. Skoonma Lena het saam met Joanne begin hekel en brei en sodra ‘n redelike hoeveelheid blokke gemaak is, is dit van Klerksdorp gekoerier na Auckland om alles bymekaar te sit.

“Elke gebreide en gehekelde stuk het net gesmeek om lewe gegee te word aan iets lekker, kleurvol en eienaardig. Die span het die hele kreatiewe vordering via WhatsApp en Zoom gekommunikeer, wat by tye nogal moeilik was met die tydverskille en beurtkrag. Dit bewys net dat ouderdom en oseane uitmekaar geen kreatiewe grense het nie,’’ gesels Erna.

Joanne woon in Anistemie Aftree-oord saam met Erna se pa, Lou en Lena woon in ‘n aftree-oord in Potchefstroom. Sy is oorspronklik van Ottosdal waar sy en haar oorlede man, Kalfie gewoon het. Joanne en Lena is die heel eerste deelnemers uit Suid-Afrika aan die gesogte kompetisie wat al vir 33 jaar aangebied word. Vanjaar is hulle ook die oudste deelnemers.

Die wenners van die World of Wearable Art Show is Vrydagoggend 22 September (SA tyd) aangekondig. Die uitstalling duur nog tot 8 Oktober. Vanjaar se tema is Journey into a Futuristic World: Beyond.