Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die plaaslike AfriForum-tak het hande gevat met die DA en ‘n plaaslike vullisverwyderaar om Klerksdorp netjieser te kry deur vullisdromme op strategiese plekke by winkelsentrums te plaas.

Volgens Alta Pretorius, distrikskoördineerder: Mooirivier, was daar in die verlede geen dromme om vullis in te gooi nie, wat omgewingsbesoedeling tot gevolg gehad het. 

AfriForum, die DA en Pro Skips het verlede jaar ’n loodsprojek begin waar hulle dromme by ’n winkelsentrum aangebring het. Dié projek was so ’n groot sukses dat daar verlede week by nog vyf winkelsentrums dromme geplaas is. 

“Pro Skips maak die vullisdromme weekliks skoon. Die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit het onderneem om ook die dromme leeg te maak wanneer die vullisverwyderingsvragmotor daar verbygaan. Hierdie is ’n uitstekende projek wat toon dat die gemeenskap, politieke partye en ondernemings kán en móét hande vat om die dorp te verbeter. Dit is die enigste manier om ’n verbetering in die dorp teweeg te bring. Dit is bemoedigend dat die munisipaliteit ook inkoop,” sê Pretorius.

Neil Strydom, voorsitter, doen ’n beroep op die gemeenskap om te help om die stad skoon te hou en vullis in die dromme te gooi.

“Wees op die uitkyk vir ’n drom naby jou en gebruik dit, asseblief. Moedig ook ander aan om dit so te doen,” sê hy.