Die Mej Klerksdorp-finalis Catelynn Braune het hande gevat met die Matlosana Bird Parkrun. Sy wil kos, klere en komberse insamel vir enkelouers wat sukkel om die wa deur die drif te trek en nie kwalifiseer vir hulp vanaf die staat en welsynorganisasies nie. Catelynn sal elke tweede Saterdag by Matlosana Bird Parkrun wees om parkrunners aan te moedig en donasies te ontvang. Almal wat Catelynn wil ondersteun is welkom om elke Saterdag om 08:00 by Matlosana Bird Parkrun hul donasies te skenk.
Finalis moedig Parkrunners aan vir donasies
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode