Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - ‘n Groep laerskoolseuns van twee Klerksdorp laerskole het aan die Pre Boks Cup in Bloemfontein deelgeneem en met die beker huis toe gekom. Die spannetjie seuns, almal in Laerskool La Hoff en Goudkop, is as die beste Gr RR-span aangewys. Die Welpies, soos hulle hul span genoem het, het op 13 September na Bloemfontein gereis waar hulle aan drie groep wedstryde, die semi-finaal en finale wedstryd deelgeneem het.
Hulle het elke wedstryd los hande gewen.
Die tellings was 95-10, 70-0, 100-5, 25-20 en 65-5.
Luke Coetzee van Laerskool La Hoff het die Malcolm Marx trofee gewen vir sy speelvernuf en sy ‘monster tack-
les’.