NOORWESTER - LICHTENBURG – God Restore Our Good Life (GROGL) recently walked the talk and turned the talk into action at Tlhabologang in Coligny.
The Chairperson of GROGL, Dr Daniel Buthelezi was accompanied by GROGL Leader of Social Rehabilitation Sector Mr Lucky Tshabalala and Prospective Youth Leader Brother Mashala. The mission is to start small so that this should be seen growing bigger in the eyes of the public, in order for the Movement to have a clear reflection of its growth and development. We were with the teenagers of Tlhabologang Township near Coligny with the intention of striking it while it is still red.
Robot help with Shoplifting Awareness Campaign
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Lichtenburg SAPS representatives Sector 1 Commander, Constable Sebothe and Sector 3 Commander Sergeant Mashaba embarked on a campaign at the shops around town to alert them about shoplifting.
They also took a robot dressed in police uniform, which was placed at Checkers Supermarket, Lichtenburg Mall, with a message that says “STOP SHOP LIFTING” to make community members aware that you can be arrested for it.
Menseregtedag of dalk die teenoorgestelde?
NOORDWESTER - LICHTENBURG - Watter waarde het Menseregtedag hoegenaamd wanneer dit sonder selfs die mees basiese vorm van dienslewering gepaard moet gaan?
In Lichtenburg (Ditsobotla) hou die voortslepende gebrek aan munisipale dienste rondom basiese beskerming, veiligheid, welstand van gemeenskappe, onderwys, gesondheidsorg, elektrisiteit, waterverskaffing, vullisverwydering, verweerde, onrybare paaie en behuising nou al vir etlike maande aan. Hierdie vullistrok staan die afgelope paar weke reeds op presies dieselfde plek met dieselfde vrag vol vullis.
Hannes-Walt is merkwaardig
NOORDWESTER – COLIGNY – Gebore met Mosaìc Down Syndroom is Hannes-Walt de Klerk ‘n uitsonderlike man.
Hy woon saam met sy ouers in Coligny, ‘n klein plattelandse dorpie in die Noord Wes provinsie. Hannes-Walt het al soveel in sy lewe bereik omdat hy baie van atletiek hou. Hy was al verskeie kere oorsee waar hy aan byeenkomste deelgeneem het en ook presteer het. Hierdie jaar is die Spele in Turkye en gaan hy aan die Trisomy Spele in Antalya, Turkye deelneem. Hannes-Walt gaan spiesgooi, gewigstoot, diskus en 800m Stap.
Lichtenburg SAPS misdaad oorsig
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Kolonel Willem Bekeer, Stasiebevelvoerder van Lichtenburg SAPD spreek sy kommer uit teenoor die skerp toename in misdade. Spesifiek aanranding, roof, inbrake, veediefstal, bedrog, voertuigkaping en besigheidsroof.
Bekeer se dit bekommer hom dat die mensdom nie in vrede met mekaar kan saam leef nie. Aanrandings vind gewoonlik plaas wanneer mense onder die invloed van alkohol en of dwelms is. Bydraende faktore tot roof is gewoonlik gierigheid, alkohol en dwelms. Ons is almal daarvan bewus dat Lichtenburg tans gebuk gaan onder beurtkrag maar kriminele maak juis daarvan gebruik om inbrake te pleeg. Besigheids eienaars word versoek om te belê in teiken bewuswording. Kriminele beweeg rond om sagte teikens te identifiseer.