NOORDWESTER - LICHTENBURG - Die aftelling is aan die gang vir Suid-Afrika se opwindendste en mededingendste studenterugbytoernooie.
Die land se top universiteite maak gereed om rugbyaksie op die volgende vlak te lewer terwyl die beste studentespelers landwyd voor passievolle ondersteuners in volgepakte stadions te staan kom.
Suid-Afrikaners pak die 2025-Dakar-tydren aan
NOORDWESTER – SAOEDI-ARABIë - Die 2025-Dakar-tydren is amptelik aan die gang met van die wêreld se bekwaamste veldrenjaers - en onder hulle is ‘n groep Suid-Afrikaners, beide in die tentkamp en agter die stuur.
Die tydren het reeds vir sy deel van drama en opwinding gesorg. Die Suid-Afrikaanse jaer Saood Variawa het geskiedenis gemaak deur die jongste jaer in die Ultimate-klas te word wat ‘n sneltrajek in die byeenkoms se geskiedenis gewen het. Intussen is die negemalige wêreldtydrenkampioen Sébastien Loeb gedwing om aan die wedren te onttrek nadat hy sy motor gerol het.
Last boxing tournament
NOORDWESTER - LICHTENBURG - Coligny Boxing Club hosted the last tournament of Ngaka Modiri Molema District on 7 December.
“We would like to thank everyone who attended the tournament, it was indeed a success.
Nuus uit Lichtenburg Hengelklub
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die klub het hierdie jaar elke maand ’n kompetisie gehou en die gees onder die lede wat gehengel het, was baie goed.
Daar was ’n paar van die manne wat van die kompetisies gemis het weens beserings en operasies, maar almal is tans weer gesond en was op hulle pos agter die stokke toe die sirene geblaas het om te begin vang.
Van die damme waar hulle gehengel het die jaar: Barberspan, Rietspruit, Slypsteen, Coligny, Bloemhof, Makwassiespruit en Koidam.
Lewensvaardighede bevorder met skaak
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Lichtenburg se skole staan op die drumpel van ‘n innoverende leerervaring, danksy Kies Lewe se jongste projek: ’n omvattende skaakbeweging wat die spel van konings met noodsaaklike lewensvaardighede kombineer.
Gelei deur Gerhard Nieuwoudt, ’n passievolle persoonlike ontwikkelingsafrigter, en JP van der Walt, ’n inspirerende Setswana-onderwyser, is die doel van hierdie beweging om skaak na elke skool in die distrik te bring.